The Young Folks EP & Durge toer: JHB en PTA

Een engel een duiwel. Swart en wit. Siel en bloed. Broers.

Nou hier is vir jou twee lekker bands al die pad uit die kaap uit. Hulle het  vir ons hier bo kom wys wat dit is om net lekker mense te wees, wat daarvan hou om musiek te maak, lekker te kuier en kak te praat. Terwyl twee van die vriende ook verjaar was dit n resep vir ‘n Maandag babbelas.  So kom ons begin met The Young Folks se EP en dan beweeg ons aan na Durge se vibes en EP wat oppad is en hoe kak excited jy moet wees vir dit, want dit gaan jou brein breek (Riffs en shit, jy weet).

The Young Folks se EP is iets wat jy in jou kar moet hê vir as jy die pad aandurf en verdwyn in jou gedagtes. Dis musiek wat die siel rustig maak en jou laat besef dat die wêreld nie so kak plek is,  soos wat jy soms dink dit is nie. Glo my, as jy asem kan haal het jy niks om oor te kla nie. Dis baie melodic tunes, perfek vir as jy in die somer saam jou mense wil kuier en voel daar is nie veel in die wêreld wat jou kan pla nie.

Charel Kleinhans (Vocals & Lead) en Christo  Kleinhans (Drums) is die twee broers in die band en Mark Ellis is die beer op (Bass). Charel het ‘n stem wat skrik vir niks nie, met falsetto wat jou siel rustig maak, die beheer wat hy uitvoer is malaglik en ek kan nie wag om hom oor 10 jaar te hoor nie. Dit kan net better van ‘n punt waar dit klaar befok is.

Christo Kleinhans is die corporate broer wat soos elke 25 jarige sy gat af werk om sy drome te jaag, maar musiek en ritme bly in sy siel. Sy fills op die drums bring by tot die rustigheid in die musiek en die feit dat hy en Mark saam bly drae by tot die vloei tussen die drums en bass, waar Charel met sy kitaar die mids inbring en net als by mekaar bring. Ek luister nou al ‘n maand lank na die EP in my kar en ek kan nie sê dat ek moeg raak vir die musiek nie, daar is oorals ‘n tone weggesteek wat ek ontdek. Dit was ‘n eer om die album design vir die vriende van my te doen.

file_000

Album Design: Towerjas

Kry gerus die album hier: The Young Folks EP

Durge is nou weer heel te mal iets ander, iets wat ek nog nie veel in ons local industry gekry het nie. Dink aan iets soos The National gekruis met Royal Blood en selfs Black keys, dalk ‘n bietjie Jimmy Page of wag nee wat van ‘n bietjie Pink Floyd. Imagine iets soos ‘n riff burger, jy weet. Dis iets nuuts, iets wat my prikkel, dis donker maar vol vrede, dis iets wat jy self moet gaan sien. Doen jouself ‘n guns en gaan kyk wat hier aangaan, want ek kan dit nie heel te mal verwoord nie.

So die band bestaan uit die volgende karakters Mark Ellis (Vocal & Kitaar), Heinrich Wesson (Kitaar), Francois Taljaardt (Bass) en James Lombaard op Drums.

Elkeen van die musikante is besonders talentvol en die feit dat hulle mekaar gevind het kan net ‘n befokte toekoms vir musiek in ons land inhou. Hulle is deel van talle ander projekte soos Riku Latti en Riaan Nieuwenhuis, gaan luister gerus na dit ook. Soos ek glo, is ons local musiek besig om ‘n nuwe punt te bereik, waar musikante saamstaan en saamwerk om seker te maak dat die kwaliteit van ons musiek net befok word.

13654346_526858177504874_5120720702738432374_n

Volg Durge op Facebook hier: Durge

Ek het ook die kans gekry om as Towerjas Sondag saam hulle op te tree en ek moet se na talle dronk aande se jam sessies in Stellenbosch was dit ‘n moerse eer om Mark aan my sy te kon hê op stage, ek het nooit in my lewe gedink dat so iets sal gebeur nie. My liefde vir die bra kan nie verwoord word nie.

Die kuiers was lekker, die praaitjies was diep. Dis vriende na aan die hart, dis bloed en siel. Ja ons almal het donker en ons almal het lig. Dalk is dit hoekom die vriende mekaar so goed drae. Dankie brothers vir ‘n befokte tyd. Julle musiek is befok verby!

_mg_2698

_mg_2660

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s