Sosiale netwerke.

Sosiale netwerke:

Opsoek na jou eie waarheid.

Vasgevang in ’n virtuele realiteit
Monoloë oor die stasies van ’n vervangde sosiale idee.
Kom hier uit, vang ons weer om ’n draai.
Vervang die sosiale template van die vorige generasie
soos die voëls sing en die woorde vlieg.

Bring ons terug na die dae van ’n stereo-idee.
Waar stereo nog regeer het, en vingers nog geskryf het.
Vir nou, vra ek nie hoe dit gaan nie, want jy het my al klaar geantwoord.
So ook die res …
Jy deel jou hart se gedagtes, met die vêraf staande oor ’n skerm
Maar eintlik wil jy sing …
Tog word jou stem verdruk
In nulle en ene, sal jou stem uitreik
Maar vibrasies vry deur die lug, is getem.

Ek vra jou nou … Hoe gaan dit …
Kyk my in die oë, hou die prentjie dop.
Keer my hier en keer my daar …
Vergaan in een en versprei na nul.
Jou skerm is jou beste vriend
Skinner is sy doel, sodat jy kan voel of jy werklik vriende het.

Sing saam my weer in stereo, sing saam my terwyl die voëls om ons vlieg.
Vind weer die werklike mening van “Hoe gaan dit met jou?”
Gou voor ons oë die waarheid verloor.

Towerjas

Untitled-1

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s