Marie Loots

Towerjas Tobias Johan Coetsee

Dankie Marie Loots vir jou gedig, dankie dat jy jou denke in woorde wil deel met ons almal.

 

Stompneusbaai

Ek skryf by die vuurtjie

vanaand

met sekelmaan

wat boepens maak

halfmaan word

wegkruipertjie speel

met die aandster

en miswolke in die lug

 

Ek skryf vanaand

oor jou

oor ons

oor wat verby is

en wat wag

 

by die ligtoring

 

op Stompneusbaai

 

 

Skemeruur

 

Ek wag vir jou

my skemeruur

hier onder ons boom

 

Vir jou solitude

vir jou koelte

vir jou towerstaf

om alles reg te toor

soos

gister

en

eergister

 

Maar die voëls

bly onrustig

bedompigheid hang

swaar en donker

 

En ek wonder

my skemeruur

 

Het jou towerstaf

ook gebreek

soos ek

 

toe sy die laaste keer groet?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s